Sunday, November 14, 2010

NOG 1 MAAND EN 11 DAE.....

Kan jy dit glo??? Ja, dis kersfees, wat om die draai is! Voordat jy die lang pad vat, wat maak jy 7 Desember? En is jy nog in die Gauteng-area, 18 Desember?

Ek wil julle aanmoedig om op 7 Desember, by Rapport se kersfees-liedjie-aand, te kom kuier!! Dit sal plaasvind by die Centurion mall en ons kunstenaars gaan sing op 'n lekker vet verhoog, by die meer, ja!

Die eerste advertensie is vandag in Rapport geplaas. Lianie May gaan daar wees, asook die briljante acapella-groep, Navi Redd.

As jy nie die 7e kan maak nie, wat van die 18e? Carnival City! Elvis Blue gaan ook daar wees. Dalk net 'n lekker aandjie uit? Lewendige begeleiding en Jaconell (pianis van Noot-vir-Noot-faam) is die regisseur, van hierdie produksie!

Sterkte vir hierdie laaste "stretch", stuur gerus vir my e-pos na helenebester@gmail.com

Lekker aand

Thursday, October 21, 2010

OKTOBER

Ja, selfs Oktober, is amper verby! Baie dankie vir al julle briewe. Dis lekker om te lees en te weet dat mense jou musiek geniet. Ek sing môre-aand in Thabazimbi, vir almal wat belangstel en dalk naby bly!

Mag die res van Oktober jul goed behandel en hou die sonroom naby!

Tuesday, August 10, 2010

Amper lente

Hallo, aan almal!! Hoe behandel die winter, julle? Nog net 21 slapies, dan's dit lente!! Wel, so hoop ek! Sien uit na somersklere en son. Kyk gerus na my shows, einde Augustus en die hele September. Miskien kan jy een bywoon? Kan nie wag vir my Kaapse "trippie", 25 - 29 Augustus. As jy enige nuwe en mooi "songs" het, mail vir my na: helenebester@gmail.com Dankie en mag die res van hierdie winter, goed wees, vir jou! Helenè

Tuesday, June 1, 2010

2010 is al 6 maande oud!

Ja, kan jy glo?? Die tyd stap aan. Jozi is KOUD. Baie geluk aan almal wat die
Comrades gehol het. Al het jy dit nie klaargemaak nie, dis steeds great dat jy gekwalifiseer het! My bene pyn nog baie. Maar dit was vir my baie beter, as verlede jaar. Dalk omdat dit die 2e keer was. Ongelooflik hoe die "comrades" mekaar ondersteun, langs die pad en raad gee. Skryf bietjie vir my ook, toe? My adres is: helenebester@gmail.com

O, ja - vir die wat weet waar die N.G.-gemeente Aasvoelkop is - Jhb. Kom maak gerus 'n draai daar, Sondag. Die diens begin 09:00 - ek sing daar, ja.

Anders sien'k jul dalk by die Pretoria-skool se sg. "Winterbal" - Saterdagaand! Groete! Helene

Monday, May 17, 2010

Mei-maand

Die tyd vlieg en die winter is hier. Vir drie weke lank is ek al getroud! Ek kan dit aanbeveel vir julle!

Die Comrades le om die draai (30 Mei) en ek weet nie of ek genoeg geoefen het nie.... Indien enigiemand vir my raad kan gee, pos sommer iets na : helenebester@gmail.com

Kyk ook uit vir die Junie-uitgawe van die Leef-tydskrif. Daarin kan jy meer te siene kry van my troue en lees wat'k met my loopbaan, in die toekoms, beplan.

Hierdie week het die N.G.-gemeente, Weltevredenpark, hul pinksterdiens. Regtig amazing. Woon dit gerus by, as jy in die omtrek is. 10:00 in die oggend en daar is ook aanddienste, nie seker van die tyd... Ek't vanoggend daar gesing en dit was so lekker. 'n Warm en sinvolle manier om jou dag mee af te skop, sou ek se!

Hoop die res van hierdie maand is goed vir jou!! Ons praat weer in Junie! Helene

Wednesday, March 31, 2010

LAASTE DAG VAN MAART!

Hoe gaan dit op hierdie laaste dag van Maart ? Ek sit op Kaapstad-lughawe en berei myself (psigies) voor vir die 2 Oceans!!! 56 km, ja..... So hou maar duim vas!! Sterkte vir al die ander wat dit ook aanpak!! Sterkte vir die wat hul eerste halwe aanpak! Die 21!

Hou solank 15 Mei oop - ek sing by die LemonJack-teater, Eldoraigne. Dis 'n rustige, warm plekkie en jy kan lekker daar kom ontspan. Vir navrae, skakel: 083 512 4241 - praat met Christel.

Mooi dag en mag April 'n goeie een wees!

Tuesday, March 9, 2010

Negende dag van Maart!

Hoe behandel die maand van Maart, julle? Herfs begin so stuk-stuk, ne? Kan nie GLO hoe die jaar vlieg nie!!

Intussen het ek my nuwe video gemaak, van die liedjie, EK WOU JOU GESOEN HET. Soos reeds genoem, het Sarah Theron dit geskryf. Dink dis 'n stunning video!!

So hou Kyknet dop, behoort een van die dae te "rol"! Sal jul terugvoer waardeer en onthou om vir my te skryf by: helenebester@gmail.com

Mag hierdie maand net die beste vir julle inhou!

Groete! H

Monday, February 15, 2010

Liefdesmaand

Sjoe, wat 'n BESIGE naweek! Maar moet se al die 'gigs' was lekker!! Van Bethal na Randfontein, na Pierneefteater (Pta.) en Newlands (Jhb.)

Dankie vir julle ondersteuning, tydens hierdie geleenthede!!

Hoop jy't jou valentyn bederf?

Ek beplan 'n toer vir Mei-maand. So laat weet my, as jy wil he ek moet in jou kontrei kom sing. Ek maak ook Woensdag (17 Feb.) my nuwe musiekvideo! Sien BAIE uit!

Sarah Theron het hierdie nuwe musiekvideo se liedjie geskryf: "Ek wou jou gesoen het" - ja, as jy my nuwe cd het, sal jy dit ken!

Skryf vir my by helenebester@gmail.com - sien uit na jou brief!!

Wednesday, January 20, 2010

Ons trek by die 20e dag in 2010!

Hallo, almal! Hoe voel die nuwe jaar sover? Myne kom stadig, maar seker aan die gang. Kan nie glo dis al 20 Januarie nie! Onthou valentyns-naweek, is ek heel besig, hoop om jul êrens raak te loop!

Vrydagaand die 12e Februarie in Bethal, Saterdagoggend in Randfontein (13e), Saterdagaand by die Pierneefteater en Sondagoggend (14e) by die N.G.-gemeente Newlands.

Stuur gerus vir my 'n possie en ek gesels met jou. As jy wil hê, ek moet in jou omgewing optree, skakel gerus my agent, Theresa du Preez - 011 880 1027 / theresa@thesixthsense.co.za!

Groete en sterkte vir die res van jou week!