Wednesday, March 31, 2010

LAASTE DAG VAN MAART!

Hoe gaan dit op hierdie laaste dag van Maart ? Ek sit op Kaapstad-lughawe en berei myself (psigies) voor vir die 2 Oceans!!! 56 km, ja..... So hou maar duim vas!! Sterkte vir al die ander wat dit ook aanpak!! Sterkte vir die wat hul eerste halwe aanpak! Die 21!

Hou solank 15 Mei oop - ek sing by die LemonJack-teater, Eldoraigne. Dis 'n rustige, warm plekkie en jy kan lekker daar kom ontspan. Vir navrae, skakel: 083 512 4241 - praat met Christel.

Mooi dag en mag April 'n goeie een wees!

Tuesday, March 9, 2010

Negende dag van Maart!

Hoe behandel die maand van Maart, julle? Herfs begin so stuk-stuk, ne? Kan nie GLO hoe die jaar vlieg nie!!

Intussen het ek my nuwe video gemaak, van die liedjie, EK WOU JOU GESOEN HET. Soos reeds genoem, het Sarah Theron dit geskryf. Dink dis 'n stunning video!!

So hou Kyknet dop, behoort een van die dae te "rol"! Sal jul terugvoer waardeer en onthou om vir my te skryf by: helenebester@gmail.com

Mag hierdie maand net die beste vir julle inhou!

Groete! H