Tuesday, October 13, 2009

OKTOBER!

Hallo, julle! So bly die somer is hier. Sien ook uit na somer-'shows'. Ek sing Sondagoggend, 18 Oktober, by die Rant-en-Dal N.G.-gemeente, Florida. Kom loer gerus in, as jy in die area is.

Besoek ook bietjie die webwerf van "Kadot en die profete" (http://www.kadot.co.za/) - 'n kinder-dvd wat ek saam met Ivan Botha ("Getroud met rugby"-faam) en Lochner de Kock gemaak het. Hierdie dvd sal 'n oulike kersgeskenk maak en is gemik op die teikenmark, van 3 jaar en ouer.

As jy Saterdagaand by die huis is en DStv het, kyk DKNT, ek gesels oor die nuwe cd en interessante dinge wat in my lewe gebeur.

Ek is 4 November in Stellenbosch. Kom maak 'n draai by die Dorpstraatteater, 8nm! Kom luister na die bekendstelling van my nuwe album! Hilandi du Toit begelei my - die wat haar ken, weet dat sy kan!

Wil julle ook herinner aan my cd-vrystelling - 12 November by die Centurionteater. Dit is getiteld: "Grootste treffers", bestaan dus uit die vorige 3 albums se hoogtepunte en twee nuwe treffers! Ek sing met lewendige begeleiding en ja, Mariëtte Galjaard speel kitaar!

Mooi week, daar! Skryf gerus vir my - ek het 'n ander e-posadres, ook: helenebester@gmail.com

Tatta!