Thursday, December 17, 2009

2010 IS IN SIG

So, hoe voel julle oor die nuwe jaar? Ek is nogal lus om wyd en suid op te tree. So laat weet my as jy my in jou dorp wil sien en ons maak 'n plan! Onthou om vir my e-pos te stuur na: helenebester@gmail.com Onthou om my nuwe cd vir julle aan te skaf! Dis: "Grootste treffers" - Helenè Bester.

Bespreek ook sommer nou al vir julself 'n plekkie by die Pierneefteater? Ek sing 13 Februarie daar, ne? 'n Dag voor valentynsdag! So bring jou metgesel en laat ek vir julle SING!

Die van julle wat julself in Bethal begeef - ek's daar - 12 Februarie. Kom luister gerus by die N.G.-moedergemeente na my nuwe begeleier se klavierspel (sy naam is Lafras vd. Watt) en nuut-geskryfde Afrikaanse liedjies!

Friday, December 4, 2009

Dit is Desember! Kan nie glo nie, kersfees is om die draai! Onthou om my nuwe cd: "Grootste treffers" aan te skaf vir jou mense, hoor? Hehe! Dis beskikbaar in alle goeie musiekwinkels.

Hoop julle ALMAL se kersfees is GESEëND en dat die nuwe jaar net die beste vir jul sal beteken!

Ek sing nog Sondagoggend (6 Desember) in Evander (N.G.-gemeente) en Sondagaand in Kemptonpark (N.G.-gemeente). Kom loer in, as jy in die omgewing is. Op 23 Desember is ek in Jeffriesbaai! Op die Huisgenoot-verhoog, so kom groet gerus!

As jy dringend met my wil gesels, stuur gerus e-pos na: helenebester@gmail.com

Tuesday, October 13, 2009

OKTOBER!

Hallo, julle! So bly die somer is hier. Sien ook uit na somer-'shows'. Ek sing Sondagoggend, 18 Oktober, by die Rant-en-Dal N.G.-gemeente, Florida. Kom loer gerus in, as jy in die area is.

Besoek ook bietjie die webwerf van "Kadot en die profete" (http://www.kadot.co.za/) - 'n kinder-dvd wat ek saam met Ivan Botha ("Getroud met rugby"-faam) en Lochner de Kock gemaak het. Hierdie dvd sal 'n oulike kersgeskenk maak en is gemik op die teikenmark, van 3 jaar en ouer.

As jy Saterdagaand by die huis is en DStv het, kyk DKNT, ek gesels oor die nuwe cd en interessante dinge wat in my lewe gebeur.

Ek is 4 November in Stellenbosch. Kom maak 'n draai by die Dorpstraatteater, 8nm! Kom luister na die bekendstelling van my nuwe album! Hilandi du Toit begelei my - die wat haar ken, weet dat sy kan!

Wil julle ook herinner aan my cd-vrystelling - 12 November by die Centurionteater. Dit is getiteld: "Grootste treffers", bestaan dus uit die vorige 3 albums se hoogtepunte en twee nuwe treffers! Ek sing met lewendige begeleiding en ja, Mariëtte Galjaard speel kitaar!

Mooi week, daar! Skryf gerus vir my - ek het 'n ander e-posadres, ook: helenebester@gmail.com

Tatta!