Sunday, November 14, 2010

NOG 1 MAAND EN 11 DAE.....

Kan jy dit glo??? Ja, dis kersfees, wat om die draai is! Voordat jy die lang pad vat, wat maak jy 7 Desember? En is jy nog in die Gauteng-area, 18 Desember?

Ek wil julle aanmoedig om op 7 Desember, by Rapport se kersfees-liedjie-aand, te kom kuier!! Dit sal plaasvind by die Centurion mall en ons kunstenaars gaan sing op 'n lekker vet verhoog, by die meer, ja!

Die eerste advertensie is vandag in Rapport geplaas. Lianie May gaan daar wees, asook die briljante acapella-groep, Navi Redd.

As jy nie die 7e kan maak nie, wat van die 18e? Carnival City! Elvis Blue gaan ook daar wees. Dalk net 'n lekker aandjie uit? Lewendige begeleiding en Jaconell (pianis van Noot-vir-Noot-faam) is die regisseur, van hierdie produksie!

Sterkte vir hierdie laaste "stretch", stuur gerus vir my e-pos na helenebester@gmail.com

Lekker aand