Monday, August 22, 2011

LENTE IS OPPAD!

Ja, my laaste pos het nog gehandel oor die koue winter en nou is dit amper September! Kan nie glo nie! Dit sal lekker wees om weer kort moue te dra en knie-broeke! Ek's 3 & 4 September by die Gariep-fees. Kom maak gerus 'n draai. Saterdagaand 19:00 by die WHAG-teater en Sondag 12:00, by dieselfde plek!! Sien uit om julle te ontmoet. Die naweek daar op is ek in Sasolburg vir 'n damesoggend. So hou gerus my webwerf dop vir kontak-inligting, indien jul hierdie vertonings wil bywoon. En as jy in die Johannesburg-area woon en Woensdag-oggend, 21 September oop is, kom kyk na my by die N.G.-kerk Linden! Mag hierdie vir jou 'n wonderlike lente wees! Helene

Tuesday, June 7, 2011

WINTERRRRRRRRRRRR

Jip!! Dis koud, baie koud. Dit mag dalk vanaand en more begin reen.... En ek is siek.... Lekker siek. Hierdie winter het begin met 'n paar opwindende vertonings by kerke. Die gemeentes doen regtig moeite en dankie vir die goeie bywoning! Hierdie naweek is ek in Springs en volgende naweek in Kemptonpark. In Julie maak ek 'n vinnige draai by "Innibos" en dan ook by die Erfdeel Plaasteater, net so buite Alberton. Einde Julie het ek die voorreg om die Marais Viljoen skoolkoor, te ontmoet, hulle sing in 'n voorprogram van my, by die Alberton burgersentrum! Hierdie vertoning is ten bate van die Reddersburg-kinderhuis. 12 Augustus durf ek die mooie Kaap aan! Kom luister na Hilandi du Toit se goeie begeleiding en raak (nes ek), verlief op die dorpie Wellington! Kyk gerus na die verdere inligting, hier op my webblad. Dan is daar ook natuurlik die Diva-vertonings vanaf Sept.! Praat weer later en skryf gerus 'n brief of twee! Helene

Tuesday, March 8, 2011

Herfs

Kan nie dink dis al klaar weer herfs nie. So asof die jaar net VLIEG! Steeds warm in Gauteng, baie warm, maar verkies dit bo die koue! Sondagaand se optrede by Carnival City was heel lekker gewees!! Opwindend om saam met mense soos Sorina Erasmus (Flooze van 7e laan) en Nadine op te tree. Kan altyd by hulle leer!

Brumilda en Lise Swart was ook goed vir die lagspiere! Sexy gelyk in hul uitrustings! Dankie vir die wat daar was . Dink dis 'n vertoning wat nog wyd en suid kan plaasvind.

Onthou ek is Vrydagaand by die Blou Hond - as jy net na die vertoning wil kom kyk, R100.00 'n kaartjie, andersins R250.00, met 'n 3-gang-maaltyd ingesluit!! Vir besprekings, skakel: 011 782 4240.

Hoor graag van julle!

Helenè

Tuesday, January 11, 2011

NUWE JAAAAAR!!!!!!

Voorspoedige nuwe jaar, julle! Mag dit ONS jaar wees! Mag jul drome bewaarheid word en julle wense vervul!

Ek sien regtig uit na 2011.

Weet ek gaan moet HARD werk om 'n treffer in die hande te kry, maar dis opwindend!! As jy 'n buitengewone mooi song het vir my - stuur dit tog aan, man. Ha! Wil regtig iets besonders op my nuwe cd opneem.

My e-posadres is: helenebester@gmail.com - hoor graag van jou en hou die blinkkant bo!

PS.: Bespreek solank jou kaartjie vir die "Diva's"-vertoning by Carnival City - 6 Maart!

Groete, Helenè