Tuesday, June 7, 2011

WINTERRRRRRRRRRRR

Jip!! Dis koud, baie koud. Dit mag dalk vanaand en more begin reen.... En ek is siek.... Lekker siek. Hierdie winter het begin met 'n paar opwindende vertonings by kerke. Die gemeentes doen regtig moeite en dankie vir die goeie bywoning! Hierdie naweek is ek in Springs en volgende naweek in Kemptonpark. In Julie maak ek 'n vinnige draai by "Innibos" en dan ook by die Erfdeel Plaasteater, net so buite Alberton. Einde Julie het ek die voorreg om die Marais Viljoen skoolkoor, te ontmoet, hulle sing in 'n voorprogram van my, by die Alberton burgersentrum! Hierdie vertoning is ten bate van die Reddersburg-kinderhuis. 12 Augustus durf ek die mooie Kaap aan! Kom luister na Hilandi du Toit se goeie begeleiding en raak (nes ek), verlief op die dorpie Wellington! Kyk gerus na die verdere inligting, hier op my webblad. Dan is daar ook natuurlik die Diva-vertonings vanaf Sept.! Praat weer later en skryf gerus 'n brief of twee! Helene